
Feesgangers kan daagliks na drie gratis gesprekke met skrywers kom luister in die Netwerk24-feeskafee. Verwag om vermaak te word, maar ook geroer en wakkergeskud te word, sê die sameroeper Elna van der Merwe.
Elke oggend om 08:30 lei Jody Hendricks van RSG-faam dié gewilde gespreksreeks wat handel oor sake van die dag en belangrike landskwessies.
Teatergesprekke sal aangebied word by ’n spesifieke vertoning van sewe produksies net ná afloop van die vertoning. Sluit aan by die geselskap om meer te wete te kom van praktiese en kreatiewe aspekte sowel as om ’n dieper insig in dié bepaalde werk te kry.