fbpx
Absa Rooiplein

Absa Rooiplein

Die Absa Rooiplein is geleë by die Absa Burgersentrum, en sluit twee hoofgebiede in: die Absa Kuiertuin en die Absa Kuierkamer. Verskeie opwindende ervarings word hier vir feesgangers aangebied om die kunste te vier.

Absa Kuiertuin

Die Absa Kuiertuin is ’n gebied waar feesgangers kan ontspan en ’n verskeidenheid plaaslik vervaardigde produkte kan koop, wat aansluit by die Absa-handelsmerk. Dit is daagliks oop van 10:00 tot 19:00 en toegang is gratis. Mense onder 18 word nie toegelaat nie.

Geen o.18 | Toegang gratis
Voor die Absa Burgersentrum, op die hoek van Voortrekkerweg en Baron van Reedestraat
29 Maart tot 2 April 10:00 tot 19:00

Absa Kuierkamer

Die immer gewilde Koffietafel-kuiers met die TV-aanbieder Hannes van Wyk keer terug in 2022, sowel as verskeie aktuele sakeverwante gesprekke wat elke oggend sal plaasvind. Kunsliefhebbers moenie die kunsgesprekke smiddae met dr. Paul Bayliss, Absa se senior spesialiskunskurator, misloop nie. 

Die Absa Kuierkamer is daagliks oop tussen 10:00 en 16:00 en bied aan besoekers ’n rustige atmosfeer waar hulle kan sit en ontspan en aspekte van die kunste kan verken. 

Gesin | Toegang gratis
Bo die Absa Burgersentrum, op die hoek van Voortrekkerweg en Baron van Reedestraat
29 Maart tot 2 April 10:00 tot 16:00

Die program sluit in:

Absa Koffietafelkuiers met Hannes van Wyk
Oudergewoonte gesels Hannes met kunstenaars en betrokkenes agter die skerms by die fees.
Gesin | Gratis | 60 min. | 29 Maart tot 2 April 13:00

Absa Besigheidsgesprekke
Gratis | 60 min. | 30 Maart tot 1 April 10:30

Absa Kunsgesprekke met Dr Paul Bayliss
Gratis | 60 min. | 1 & 2 April 14:30

kykNET Klop!-gesprek met Heinrich Wyngaardt: 
Hoe staan ek my plek vol in die samelewing?
Gratis | 60 min. | 1  April 16:30

Dr David Piedt Gedenklesing
Gratis | 60 min. | 31 Maart 14:30

Absa-kunsuitstallings

Absa bied feesgangers ’n unieke blik op kunswerke uit Absa se korporatiewe kunsversameling. Absa sal twee uitstallings, Lifting of the Veil en Twentieth Century Pioneers, aanbied, wat elkeen sy eie storie vertel en waarvan dr. Paul Bayliss en Yoyisani Magwebu die kurators is. 

Lifting of the Veil is ’n versameling kunswerke deur jong, talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaars wat die afgelope twee jaar sosiale media ingespan het om hul kuns aan mense bekend te stel. Die uitstalling word van 29 Maart tot 2 April by die Prince Vintcent-gebou aangebied, wat daagliks tussen 10:00 en 19:00 oop is. 

Twentieth Century Pioneers is ’n uitstalling van kunswerke uit Absa se korporatiewe kunsversameling, met van die werke wat in die Absa-tak en die ander werke wat in die Absa Kuierkamer uitgestal word. Dit is ’n visuele fees wat bekende Suid-Afrikaanse kunswerke insluit tot werke wat selde te sien is. Die aard van die uitstallings sal feesgangers inspireer en hul tegelykertyd uitdaag om oor hul daaglike lewenservarings te besin.

Die Absa-tak, in Hoogstraat, is weekdae oop van 08:30 tot 15:30 en Saterdae van 08:00 tot 11:00. Die Kuierkamer is van 29 Maart tot 2 April van 10:00 tot 16:00 oop vir die publiek.

Boodskap van Absa

Die tekstiel- en drukkunskunstenaar Anni Albers het gesê: “Art is something that makes you breathe with a different kind of happiness.” Daar kan kwalik ’n meer gepaste aanhaling wees vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se 27ste fees in 2022, met Absa wat die afgelope 17 feeste ’n trotse vennoot en borg is. En watter beter manier is daar om hierdie mylpaal te gedenk as om Suid-Afrikaners terug te verwelkom in Oudtshoorn om die vreugde van dié vooraanstaande kunstefees in te asem.

Vanjaar by die Absa Rooiplein (by die Absa Burgersentrum) bied ons vir feesgangers ’n viering van kuns en kleur op ’n prettige en verkwikkende manier. Besoekers kan uitsien na ’n magdom van ervarings, wat sommige van Afrika se progressiefste kunswerke uit ons uitgebreide kunsversameling insluit wat selde te sien is – waarvan sommige van meesters wat van die eeuwending van die vorige eeu dateer. Die immer gewilde Koffietafel-kuiers met Hannes van Wyk sal weer in die Absa Kuierkamer aangebied word, sowel as verskeie aktuele sakeverwante besprekings. Diegene wat hul dae wil deurbring deur te ontspan en die besienswaardighede en ervaringe van die skilderagtige dorp in te drink, nooi ons om by ons in die Absa Kuiertuin aan te sluit en te teug aan plaaslik vervaardigde verversings, met Absa se helderkleurige versierings as agtergrond.

Ons borgskap van die KKNK strek verder as net kuns en kultuur. Ons glo daarin om terug te gee aan die gemeenskap wat Absa en die duisende besoekers jaarliks so gulhartig by die fees ontvang. Vanjaar gaan Absa ten nouste met die Toekomsrus-gemeenskap saamwerk om ’n volhoubare groentetuin te skep, wat ’n lus vir oog sal wees en die liggaam sal voed. Een van Absa se kernfokusgebiede in die samelewing is om betekenisvolle verhoudinge te bou waar ook al ons betrokke is.

Dit is vir Absa ’n vreugde om feesgangers by KKNK 2022 te verwelkom en ons hoop ons sien julle by die Absa Rooiplein om die lewenskragtigheid van die kunstebedryf te vier.

John Tshabalala
Besturende uitvoerende hoof: verhoudingsbankwese, 
Wes- en Oos-Kaap (Absa Groep Beperk)

Asset 1@2x 100 | KKNK 2022
KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications