KKNK 2022 Kannapryswenners bekend!

279006209 7636110293095806 5319432305773628887 n | KKNK 2022

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Kannapryse, wat erkenning aan produksies en individue vir uitnemende bydraes tot die fees gee, is op 22 April by ’n swierige geleentheid by M-Studios in Philadelphia, Kaapstad aangebied. Die akteur Marion Holm was die aanbieder en pryse in 19 kategorieë is uitgedeel. Die geleentheid is regstreeks aanlyn gestroom na Netwerk24 en die KKNK se web- en Facebookblad en is steeds hier beskikbaar.

Wat behels die KKNK 2022 inentingsmandaat?

KKNK 2022

Die KKNK het ’n inentingsmandaat vir vanjaar se fees. Die besluit om die mandaat toe te pas, is daarop geskoei dat die KKNK die veiligste moontlike fees vir sy besoekers, kunstenaars, personeel, diensverskaffers en die gemeenskap van Oudtshoorn wil verseker. Dít behels om riglyne te volg soos aanbeveel deur gesondheidsowerhede ingevolge die Covid-19-pandemie.

KKNK se feesprogram bekendgestel

VDV9180 | KKNK 2022

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), ondersteun deur Absa, bars uit sy nate van opwinding oor vanjaar se feesprogram wat op Saterdag 26 Februarie 2022 in Oudtshoorn bekendgestel is! Die fees, wat vanjaar van 29 Maart tot 3 April op Oudtshoorn plaasvind, gaan beslis in almal se smaak val met sy ryk en diverse aanbod […]