fbpx

Wat behels die KKNK 2022 inentingsmandaat?

KKNK 2022
Die KKNK het ’n inentingsmandaat vir vanjaar se fees. Die besluit om die mandaat toe te pas, is daarop geskoei dat die KKNK die veiligste moontlike fees vir sy besoekers, kunstenaars, personeel, diensverskaffers en die gemeenskap van Oudtshoorn wil verseker. Dít behels om riglyne te volg soos aanbeveel deur gesondheidsowerhede ingevolge die Covid-19-pandemie.

Deel hierdie artikel

Alle moontlike veranderlikes is en word deurlopend deur die KKNK oorweeg, en in oorlegpleging met ’n advieskomitee van regs- en mediese deskundiges word moontlike aanpassings en toegewings gemaak. Om dié rede geld sekere bepalings en voorwaardes vir toelating tot die fees.

DIE BELANGRIKSTE IS:

  • ’n Bewys dat jy ingeënt is (’n Johnson & Johnson-inenting of twee Pfizer-dosisse).
  • ’n Bewys dat jy negatief vir SARS-CoV-2 getoets is deur vooraf ’n antigeentoets te doen.
  • ’n Bewys dat jy negatief vir SARS-CoV-2 getoets is deur vooraf ’n polimerasekettingreaksie- (PKR) toets te doen.
  • ’n Bewys dat jy binne die afgelope drie maande positief vir SARS-CoV-2 getoets is.

Alle toetse moet deur geregistreerde, opgeleide mediese personeel gedoen word met bewese toetse. (Jou tuisblitstoets geld dus nie.)

MET ’N BEWYS VAN INENTING IS DIE PROSES AS VOLG:

  • Bring jou inentingskaart (wat jy by die inentingsentrum gekry het) of jou inentingsertifikaat na die fees (uitgedruk of elektronies).
  • Ons beamptes gaan dit na en verifieer dit teenoor jou identiteitsdokument (die groen ID met ’n strepieskode of ’n ID-kaart), bestuurderslisensie, paspoort of geboortesertifikaat.
  • Dieselfde geld vir buitelandse besoekers. Hulle moet soortgelyke bewyse van inenting in hul land toon.
  • Sodra jou inligting geverifieer is, sal jy jou kenteken vir toegang ontvang – ’n armband.
  • Armbande sal by ’n aantal vooraf goedgekeurde lokale beskikbaar wees.
  • Inentingsertifikate van almal wat nie ’n armband het nie, sal by alle lokale (ook waar daar niéarmbande beskikbaar gestel word nie) nagegaan word.

IN ’N NEUTEDOP: SÓ KRY JY TOEGANG TOT KKNK-LOKALE EN -AREAS:

  • ’n Bewys van ’n negatiewe SARS-CoV-2-toetsuitslag.
  • ’n Bewys van ’n negatiewe SARS-CoV-2-toetsuitslag (’n antigeen- of PKR-toets).
  • ’n Bewys dat jy in die afgelope drie maande positief vir die koronavirus SARS-CoV-2 getoets is.
  • Alle vorme van bewyse sal by alle lokale nagegaan en geverifieer word.
  • Die datum van die SARS-CoV-2-toetsuitslag mag nie voor 28 Maart wees nie (vir die publiek).
  • Die datum van die SARS-CoV-2-toetsuitslag mag nie voor 26 Maart wees nie (vir leweransiers enkontrakteurs).
  • Besoekers sal ’n armband kry as bewys dat hul besonderhede geverifieer is.

WAT KINDERS BETREF:

  • Alle kinders onder 12 jaar oud word uitgesluit van bogenoemde bepalings en voorwaardes.
  • Behalwe waar toegangsfooie geld, kry hulle vrye toegang tot alle lokale.
  • Tieners tussen 12 en 18 jaar oud is onderhewig aan dieselfde vereistes soos hierbo vir volwassenesuiteengesit.
  • Ouers mag dalk gevra word om identifikasie te toon vir minderjarige kinders onder 18 jaar oud.Lees die inentingsmandaat op ons webwerf by https://kknk.co.za/kknk-2022-covid-19-access-policy/.

Theart sê: “Ons vra die publiek se geduld en samewerking om alle prosesse seepglad te laat verloop – soos ons ook die versekering gee dat die KKNK alles in sy mag sal doen om dieselfde aan ons feesgangers te bied, wat gewoond is aan ’n gehalte-ervaring.”

LEES DIE VOLLEDIGE INENTINGSMANDAAT OP ONS WEBWERF HIER.

Ontvang die nuutste KKNK nuus en gebeure!

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications