fbpx

KKNK

Feesmark

Vanjaar trek die voormalige Kuierbuurt sy nuwe baadjie aan:

Dit word die trotse nuwe KKNK Feesmark

KKNK Feesmark

Die KKNK Feesmark skuif vanjaar oor na die De Jager-sportkompleks in Voortrekkerweg. Nes sy voorganger sal die KKNK Feesmark ’n fees vir die sintuie wees: Volop om te sien, te beleef, te proe, te ruik en te hoor by die etlike stalletjies en vermaaklikhede wat op die terrein en ook binne die sportsentrum sal wees.

Die Feesmark is oop vanaf 29 Maart tot 2 April. Die hekke maak 10:00 oop en sluit vir kaartjieverkope om 20:00. Die Feesmark sluit daagliks om 21:00.

’n Dagkaartjie kos R50 per persoon. Kinders onder vyf kry gratis toegang.

Lip-
Lekker

Lek gerus die lippe af vir ‘n Liplekker ervaring, waar daar oudergewoonte lekker wynproe- en deli-produkte vir die smulpape beskikbaar sal wees, maar ook talle ander kosstalletjies op die oewer wat in elke feesganger se smaak sal val. 

Castle Lager Verhoog

Om gees te skep, is die Castle Lager-verhoog ook weer vanjaar terug en sal soggens van 11:00 tot 21:00 vir vermaak sorg. 

Kinder-
vermaak

Daar wag hope pret en uitstekende vermaak op jonger feesgangers by die KKNK Feesmark. Kinders sal tussen 29 Maart en 2 April van 10:00 soggens tot 21:00 saans daagliks die verskillende ritte by die pretpark kan geniet. Toegang tot die pretpark-gebied binne die Feesmark, is gratis.
Moedig gerus die kinders aan om vroeg al hul ritkaartjies te koop om lang lyne te vermy!

Custom Size – 1 | KKNK 2022
Custom Size – 2 | KKNK 2022
Custom Size – 3 | KKNK 2022
Custom Size – 4 | KKNK 2022
Custom Size – 5 | KKNK 2022
Absa Howler Afr | KKNK 2022

Absa Kontantloos

Die KKNK Feesmark word vanjaar kontantloos aangebied in ’n verdere poging om ’n veilige omgewing vir feesgangers en stalletjiehouers te skep. Hierdie kontantlose omgewing word aangebied in vennootskap met Absa en Howler.

Optop-stasies word strategies geplaas om ’n hoë-gehalte kliënte-ervaring te verseker wanneer feesgangers geld vanaf ’n debiet- of kredietkaart op hul Absa-feeskaart wil laai. Hierdie kaarte word gratis aangebied wanneer geld daarop gelaai word by die aangewese optop-stasies. Feesgangers kan ook die oorblywende balans op hul feeskaart by hierdie stasies op die feesterrein, of via die Howler-webwerf laat uitbetaal. Daar is geen koste aan verbonde om geld te laat uitbetaal nie, hetsy by die fees of op Howler se webtuiste.

Dis net nóg ’n manier hoe ons, met ’n kontantlose stelsel, gaan poog om almal veilig te hou!

Absa Howler Eng 1 scaled | KKNK 2022

Absa Cashless

The KKNK Festival Market will be going cashless this year in a further attempt to present a safe environment for festivalgoers and vendors. We will be hosting this cashless environment in partnership with Absa and Howler.

Top-up stations will be placed strategically to ensure a quality customer experience when loading money onto the Absa festival cards or when cashing out remaining balances at any given time. The festival card will be issued free of charge when festivalgoers load money onto them at the designed top-up stations. Festivalgoers can cash out the remaining balance on their festival card at any of these stations in the Festival Market, or via the Howler website.  There is no cost associated with cashing out at the festival and on Howler’s website.

The cashless system is just another way in which we are attempting to keep everyone safe!

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications