fbpx
Netwerk24-Feeskafee

Netwerk24-feeskafee

Kom kuier by die Netwerk24-feeskafee in die C.P. Nel-museum op die hoek van
Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg.

Elke dag begin met die gewilde Die Burger Praat Saam-diskoersreeks.

Gedurende die dag is daar gesprekke oor die jongste boeke as deel van die KKNK se Boekstories. Boeke en aandenkings is ook te kies en te keur in die KKNK Boekeparadys en jy sal beslis ’n winskopie hier raakloop. Netwerk24 bied ook drie sakegesprekke aan met die Sake & Sauvignon-gespreksreeks.

VIA sorg vir vermaak met die Bier-uur met Beer Adriaanse (besonderhede onder). Daar is ook ander lekker verrassings om na uit te sien met Media24-publikasies.

Bier-uur met Beer
met Beer Adriaanse

Kom geniet jou gratis bier op VIA! Kuier en klets saam met VIA se slimste speletjiesmeester, Beer Adriaanse. Wie weet wat dié uur kan oplewer – dalk ’n potjie 30 Seconds, miskien ’n ronde van stories, of selfs net  die skouerskuur en glasie klink met ander VIA-gunstelinge. Ons is uit, tuis en by die huis in die Netwerk24-feeskafee. Kom vier fees by ons!

Afrikaans en Engels • Geen o.18 • 60 min.
Netwerk24-feeskafee
31 Maart tot 2 April 18:30

Beer Adriaanse

Saans word die Netwerk24-feeskafee omskep in ’n kuierplek, Laatnag, waar ieder en elk kan ontspan en die dag afsluit. Hier kan jy uitsien na ’n paar ekstra musiekuitvoerings in ’n laaste kuiersessie vir die dag.

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications