Die blues is in Afrika gebore en sy wortels is steeds diep in ons vasteland gevestig. Dit het oorgespoel in soveel van ons plaaslike musiek – van boeremusiek tot township jive. Met die bekroonde Sima Mashazi se klokhelder stem en die virtuose musikante Louis Mhlanga, Schalk Joubert, Albert Frost en Jonno Sweetman is hierdie vertoning gelaai met uitstaande kitaarspel, aansteeklike ritmes en die ontdekking van die oorsprong van vele van ons land se mees bekende liedjies en style.