fbpx

Agteraf

MET Waldemar Schultz, Francois Toerien en Jurgen McEwan TEKS Ferdinand Bekker REGIE Gaerin Hauptfleisch

Herman en At, twee gesoute akteurs, is betrokke by ’n kinderteaterproduksie. Dit is nie noodwendig hoe hulle hul loopbane sien ontvou het nie, maar dit hou die pot tydens die pandemie aan die kook. Om sake te vererger, is hul medespeler ’n ywerige pas afgestudeerde akteur vir wie daar nie ’n beter geleentheid as dié is nie. Soos die toneelstuk ontvou, kry die gehoor ’n blik agter die skerms wanneer die akteurs spook met woorde, rekwisiete en ekstra entoesiastiese lede in die gehoor. Hulle spartel ook met tekortkominge, nie net in die toneelstuk nie, maar ook in hul eie lewe.

Afrikaans • Gesin • 60 min. 
R180; R200 (by die deur)
29 Maart 10:00 • 30 Maart 10:00 • 31 Maart 10:00 • 1 April 10:00 • 2 April 10:00 • 3 April 10:00
Die Werf

Loer hierna ook ...

Kameras, konserte en kleedkamers

Alfred Adriaan Live

Nêrens, Noord-Kaap

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications