fbpx

Agulhasvlakte

‘N KKNK-PRODUKSIE IN SAEWERKING MET DIE SUIDOOSTERFEES, DIE VRYSTAAT KUNSTEFEES EN DIE TOYOTA US WOORDFEES, MOONTLIK GEMAAK DEUR NATi EN ONDERSTEUN DEUR DIE NAC

MET Kay Smith, René Cloete en Wilhelm van der Walt TEKS Herschelle Benjamin REGIE Kanya ViljoenVERHOOGBESTUURDER Kyra-lee Alberts ONTWERP Nell van der Merwe en Kanya Viljoen VERVAARDIGER Kanya Viljoen en Herschelle Benjamin.

Milly, ’n bloemis, veg haar hele lewe lank teen die verandering van natuurskoon in ’n spesiale gebied van biodiversiteit wat ook haar geboortegrond is, naamlik die Agulhasvlakte. Amy kom met wêreldwysheid van die stad, waar sy probeer het om iets van haarself te maak, anders as haar ouer suster. Sy het gaan studeer, maar het bekendheid op sosiale media verwerf waar sy ’n groot aantal volgelinge het. In haar stryd vir ’n beter lewe het sy haarself totaal en al verloor. Soveel so, dat sy met ’n geestesversteuring gediagnoseer is. Hierdie verhaal van twee susters gaan nie net oor hul identiteit in verhouding tot die grond, familie en die wêreld nie, dit ondersoek ook op ’n menslike en eerlike manier twee groot kwessies wat jongmense vandag in die gesig staar.

Afrikaans l Geen o.16 l G, S, T l 70 min.
R165 l R182
29 Maart 09:00 l 30 Maart 19:30 l 31 Maart 09:00 l 1 April 2022, 16:30 | 2 April 16:30
Gimsaal

Loer hierna ook ...

Karen Zoid & Henry Steel: Akoesties in die Klein Karoo

Emo Adams & Take Note

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications