Alfred Adriaan het homself as een van Suid-Afrika se topkomediante gevestig, bekend vir sy energieke vertonings en vlymskerp humor. Adriaan is ’n boorling van Hankey, maar het sy vlerke al wyd gesprei met optredes in Perth, Sydney en New York. Hy het veral tydens die inperking groot sukses met sy skreeusnaakse video’s op sosiale media behaal en in die harte van derduisende Suid-Afrikaners gekruip. Hy is ook deesdae ’n bekende gesig op televisie as aanbieder en komediant. Beleef Alfred Adriaan in sy volle glorie – in Afrikaans – met nuwe materiaal oor alles van ongemaklike interaksie met die skoner geslag tot familie se verkeerde advies en vele meer. Pappa kom KKNK toe, wees gereed vir skaterlag!