Bientang: bloedspoor/!nau is ’n verwerking van die bekroonde digter Jolyn Phillips se tweede digbundel, Bientang. Die produksie kyk na die legende van ’n vrou, Bientang, wat in Hermanus in ’n grot gewoon het. Haar geskrewe geskiedenis word op die agterkant van ’n plaaslike restaurantspyskaart saamgevat as: “Die laaste Strandloper.” Die vertellers verken en gebruik deurlopend verskillende elemente van storievertel en musiek. Dié produksie ondersoek die ervaring van historiese en kontemporêre inheemswees: Hoe word ’n mens ’n laaste?