fbpx

Die halwe huis

’n KKNK-produksie in samewerking met die Suidoosterfees. Moontlik gemaak deur NATi.

MET Marlo Minnaar TEKS Ricardo Arendse REGIE Lee-Ann van Rooi MUSIEK Leslie Javan VERHOOGBESTUURDER Roland du Preez VERVAARDIGER Bossikop Productions en die KKNK

Vandag is die dag wat Bumper alles gaan beëindig. Sy mes is skerp en hy’t mooi nageslaan oor hoe hy moet sny, maar voor hy sy twee polse oopvlek, wil hy darem sy kant van die storie vertel. In dié eenmanstuk neem draaiboekskrywer Bumper Jansen ons op reis deur sy kinderdae op Oudtshoorn, sy tienerdae op die Kaapse Vlakte en sy grootmensjare in Johannesburg. Ons word met sy monoloog en poësie gekonfronteer deur verskillende temas, waaronder patriargie, geslagsgebaseerde geweld en verslawing. Hy laat ons in sy Ouma Bettie se huis sit en stel ons voor aan sy Oupa Kerneels, die bruin man wat soos ’n wit man lyk en swart mense haat. Hy vertel ons ook van sy pa, Daniel, onder wie se vuishoue sy ma, Cathy, deurloop. Alles in ’n poging om die volgende vraag te antwoord: Wat dryf ’n man, wat besig is om ’n pad vir homself oop te skryf en op die punt is om ’n groot deurbraak in sy loopbaan te maak, tot selfdood?

Afrikaans • Geen o.16 • S, T • 65 min
R165, R185 (by die deur)
30 Maart 09:00 • 31 Maart 12:30 • 1 April 19:30 • 2 April 09:00 • 3 April 09:00
Gimsaal

Loer hierna ook ...

Spoegwolf: 10 jaar

Oskar en die pienk tannie

Gustavo Romero: Beethoven and Beyond

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications