Wanneer Lotte per ongeluk wens dat die feetjies haar boetie wegneem, val sy in ’n ou wensput en ontdek ’n geheimsinnige sprokieswêreld. Tydens die soektog na haar boetie moet Lotte haar eie vernuf gebruik om die donker woude vol wonder, gevaar en towerkuns te navigeer – dis asof haar gunstelingstorieboeke lewe gekry het. Geïnspireer deur biblioteek- storievoorlesings en Japanse Kamishibai- teater, vier hierdie toneelpoppeproduksie die plesier en belangrikheid van stories en boeke.