fbpx

Drie kaalkoppe kuier tesame

MET Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundling MUSIEK Koos Kombuis VERVAARDIGER EN VERHOOGBESTUUR Erns Grundling

Drie gesoute reisigers op die agterpaaie, ompaaie en kortpaaie van die lewe – Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundling – deel herinneringe deur voorlesings, gedigte, staaltjies, stories en musiek, wat ’n paar verrassende Koos-liedjies insluit. Die produksie het ’n sterk reistema en is gestruktureer rondom verskeie onderwerpe, maar daar is meer as genoeg ruimte vir spontane oomblikke en nuwe insigte. Koos, Dana en Erns is bekend by lesers, kykers en feesgangers vir hul humor, deernisvolle blik en fyn waarnemings. Hulle het baie meer ooreenkomste as die feit dat hulle al drie kaalkoppe is! Drie kaalkoppe kuier tesame se doel is om te vermaak, te inspireer en vir teatergangers hoop te gee vir al die reise – in persoon en na binne – wat vir almal voorlê in hierdie geliefde, maar ook geknelde land. Beperkte sitplekke, bespreek jou kaartjie voor dit te laat is.

Afrikaans • Geen o.14 • T • 70 min.
R190, R210 (by die deur)
29 Maart 19:00 • 30 Maart 19:00 • 31 Maart 19:00

Loer hierna ook ...

Kalm ná die storm: Luna Paige en Schalk Joubert

Die dinge van ’n kind

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications