fbpx

Ek, Anna van Wyk

’n KKNK-produksie, ondersteun deur NATi

MET Tinarie van Wyk Loots, Dawid Minnaar, Albert Pretorius, Carlo Daniels, Wilhelm van der Walt, Geon Nel, Gideon Lombard en René Cloete TEKS Pieter Fourie REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson PRODUKSIE- EN VERHOOGBESTUURDER EN BELIGTINGSONTWERP Nicolaas de Jongh ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Philip Theron

In 1999 debuteer ’n nuwe produksie van Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk by die KKNK. Die produksie het gehore en resensente gaande gehad en het die mees bekroonde Afrikaanse produksie van alle tye (met onder meer verskeie Fleur du Cap- en Vita-teaterpryse) geword. Die produksie het ná die KKNK speelvakke in Kaapstad, Pretoria, Bloemfontein en Durban gehad.

Met die afsterwe van Fourie in 2021 herleef die produksie in 2022 as ’n huldiging aan Fourie se bydrae tot die Afrikaanse teaterbedryf  – met ’n nuwe geselskap, maar steeds met Marthinus Basson as regisseur.

Ek, Anna van Wyk word beskou as ’n klassieke werk in Afrikaans en is ook voorgeskryf vir skole. Dis een van die sterkste en mees komplekse vrouerolle wat in Afrikaans geskryf is. Met die vryheid wat slegs teater bied, word Anna se eie groot trek na lig deur die hel van alkoholverslawing ook ’n aangrypende spel met werklikheid en transformasie. ’n Persoonlike waarheids-en-versoeningsinkwisisie… Anna (vertolk deur Tinarie van Wyk Loots)… ’n gevangene van haar keuses, haar kliere, haar hart, haar land en geloof…

Die 1999-produksie – aan die einde van die vorige millennium – het vir Basson die vryheid gegun om Ek, Anna van Wyk deur die oë van ’n hoogs begaafde jong regisseuse (vertolk deur René Cloete) in stryd met die heersende realiteite van teatermaak in die destydse Suid-Afrika te ondersoek, en nou weer in 2022 in ’n pandemie met die bedryf op sy knieë.

“Die spel van die realiteit en die realiteit van die spel het in Fourie se drama een geword op ’n manier wat ’n soort oorrompeling is; ’n verwarring en ’n verbasing wat by nadenke betower. Dit wil sê: die Brecht-effek sonder die dramaturgie van Brecht. En uiteindelik is daar weer ’n verhoogkarakter wat net so moeilik verstaanbaar is as elke mens en elke lewende bewussyn.” – Dieter Reible (bekende Duitse regisseur)

Afrikaans • Geen o.16 • T • 135 min. (sluit ’n pouse van 15 min. in)
R195, R220 (by die deur)
29 Maart 14:00 • 30 Maart 13:00 • 31 Maart 17:30 • 1 April 09:00 • 2 April 13:00 • 3 April 09:00
Johnny Bischoff-saal

Loer hierna ook ...

Kalm ná die storm: Luna Paige en Schalk Joubert

Nêrens, Noord-Kaap

Afrika Blues met Louis Mhlanga, Albert Frost, Schalk Joubert en Sima Mashazi

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications