fbpx

Ek wens, ek wens

Ontwikkel met die ondersteuning van AK21, NATi, Aardklop en die Atterbury Trust

MET Frank Opperman TEKS Philip Rademeyer, geskoei op Zirk van den Berg se gelyknamige roman REGIE Philip RademeyerVERHOOGBESTUURDER Jeanne Steenkamp STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Philip Rademeyer KOSTUUMS EN REKWISIETE Mariska Meyer VERVAARDIGER Alexa Strachan en Anna Davel vir die Aardklop Nasionale Kunstefees

“…Opperman se spel beïndruk die meeste. Die toonaard waarin hy praat, al die bewegings. Alles so perfek uitgewerk. Dat jy sal lag, is gewis, maar dit bevat ’n ongelooflike erns. Want terwyl jy Opperman sy fyn vakmanskap perfek sien uitvoer, wonder jy oor die lewe. En die pragtige slotsin laat jou verder dink. So gaan kyk eerder self. Dié stuk verdien dit.” – AJ Opperman, Netwerk24

Ek wens, ek wens is ’n fabelagtige verhaal oor Seb, ’n lykbesorger wat ’n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei. Sy lewe is een van roetine en kleinighede en hy sien lankal nie meer die wonder en grootsheid van die lewe raak nie. Tot hy eendag ’n engelagtige seuntjie, Gawie, ontmoet. Die magiese gevolge van hierdie ontmoeting noop Seb om te vra: As ek net een wens het, waarvoor sal ek wens?

Zirk van den Berg se sprokie vir grootmense is bekroon met die WA Hofmeyr- sowel as die kykNET-Rapport-prys. Ek wens, ek wens is as die Aardklop Nasionale Kunstefees 2021 se beste produksie bekroon, en Frank Opperman word aangewys as beste akteur vir sy kragtoer in hierdie eenmanvertoning.

Afrikaans • OB • Geen o.13 • T • 75 min.
R200, R220 (by die deur)
29 Maart 2022, 18:00 l 30 Maart 2022, 10:00 l 31 Maart 2022, 14:00
Absa Burgersentrum

Loer hierna ook ...

Spoegwolf: 10 jaar

Ontbyt met Lizz Meiring: ’n Mooi storie – Die rare, ware geskiedenis van skoonheid deur die eeue

Die dinge van ’n kind

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications