Soos vir menigte ander was die afgelope twee jaar vir Elvis Blue ’n uitdaging, maar ook ’n seën. Een van die groot gewaarwordinge in die tyd van die pandemie was hoe ’n mens daaglikse dinge as vanselfsprekend aanvaar, soos om tyd saam met jou gesin deur te bring of selfs in die natuur te gaan stap. Hy het sy tyd benut, ook om aan nuwe musiek te werk – en so het die album Meer as genoeg tot stad gekom. Buiten vir die gelyknamige titelsnit wat getuig van sy dankbaarheid, verklap hy dat aanhangers ook kan uitsien na meer liefdesliedjies. Nog ’n nuwe liedjie wat hom na aan die hart lê, is “Goud uit die vuur”, wat hy glo tekenend is van die tyd waarin ons leef: “Ek het die afgelope tyd self gevoel soos ’n klip wat in die vuur gegooi is en ’n mens hoop daar kom iets positief daaruit.” Sluit aan by Elvis Blue vir ’n musikale reis van sy pandemie-gewaarwordinge, maar wees gerus, van sy ou treffers is ook op die musikale spyskaart.