fbpx

Emo Adams & Take Note

MET Emo Adams (stem), Sean de Vries (baskitaar), Shaun Francke (kitaar), Marco Mentoor (klawers), Lance Rhoda (tromme)MUSIEKREGISSEUR Sean de Vries VERVAARDIGER Emo Adams

Ná vyf jaar, ingesluit twee jaar van die Covid-19-pandemie, is Emo Adams en Take Note terug by die KKNK om gehore met komedie en sang te vermaak. Bring jou hele familie saam – jonk en oud – om te deel in die vreugde van die wonderlike vertoning en die elektriese energie van Emo en sy band, wat Sean de Vries op baskitaar, Shaun Francke op kitaar, Marco Mentoor op klawers en Lance Rhoda op tromme insluit. Daar is nie ’n kat se kans dat jy gaan stilsit nie, so as jy dansbene bietjie uit oefening is, is dit die ideale geleentheid om die litte weer los te kry.

Afrikaans en Engels l Gesin l 60 min.
R180 l R200 (by die deur)
29 Maart 20:00 l 30 Maart 20:00

Loer hierna ook ...

Loki & Margot Rothman

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications