fbpx

Grensloos

MET Coenie de Villiers (stem en klavier), André Schwartz (stem en klavier) TEKS Coenie de Villiers en André Schwartz REGIE Coenie de Villiers en André Schwartz MUSIEK Coenie de Villiers, André Schwartz en andere VERVAARDIGER CDV Market Ideation

 

Grensloos is legendes Coenie de Villiers en André Schwartz se langverwagte samewerking wat vir uitverkoopte teaters by Theatre on the Bay in Kaapstad en Montecasino in Johannesburg gesorg het. Dit word beskryf as ’n vertoning sonder grense: Sonder grense van taal, of ouderdom, of repertoire, maar ook ’n vertoning wat optimisme weerspieël. Grensloos beteken immers dat ’n mens nie huil nie! De Villiers en Schwartz deel die verhoog met twee klaviere. “Min mense ken André as pianis. Dis vir ons ’n voorreg om uiteindelik saam op te tree,” sê De Villiers. ’n Eenmalige musiekproduksie wat nie misgeloop moet word nie.

Afrikaans en Engels l OB l 60 min.
R200 l R220 (by die deur)
31 Maart 18:00 l 01 April 10:00
Absa Burgersentrum

Loer hierna ook ...

Drie kaalkoppe kuier tesame

die oerkluts kwyt

Kiss of the Spider Woman

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications