fbpx

Kameras, konserte en kleedkamers

MET Lizz Meiring TEKS EN REGIE Lizz Meiring VERHOOG- EN PRODUKSIEBESTUURDER Yvette Hanekom BELIGTINGSONTWERP Jak J. Brits VERVAARDIGER Lizz Meiring

In 2022 vier Lizz Meiring 51 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Sy het al alles gespeel: van Lady Macbeth tot ’n singende Australiese pop-up toaster. In Kameras, konserte en kleedkamers, ’n klets-en-sketskonsert, vertel sy van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, die beroemdes en berugtes en die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise. Sy onthul die ver paaie se reis, plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, rolprent- en TV-stelle en die soms vreemde gedrag van gehore, luisteraars, kykers en bewonderaars. In dié uiters vermaaklike stuk, vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf, kry die gehoor ’n agter-die-skerms-ervaring soos nog nooit vantevore nie. Daar is ook fiktiewe karakters en sketse.

Afrikaans • OB • Geen o.13 • T • 60 min.
R180, R200 (by die deur)
29 Maart 17:30 • 30 Maart 14:00
kykNET Hoërskoolsaal

Loer hierna ook ...

Oskar en die pienk tannie

Terminaal 3

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications