Karen Zoid en Henry Steel op akoestiese kitare!
Meesters en wêreldklas in wat hulle die beste doen! Jy gaan bietjie huil en baie lag, en as jy daar wegstap jou “Covid-babelas” vir nou eers agterlaat!
Zoid en Steel tree op voor een van die ikoniese en historiese verepaleise in Oudtshoorn, Welgeluk Verepaleis en onder die Karoo-sterre. Dit beloof om ‘n onvergeetlike en uitsonderlike ervaring te wees.