fbpx

Kitaarkonings

MET Schalk Joubert (baskitaar), Loki Rothman (kitaar en sang), Albert Frost (kitaar en sang), Louis Mhlanga (kitaar en sang), Guy Buttery (kitaar en sang), Hannes Coetzee (kitaar) en Jonno Sweetman (perkussie) REGIE Schalk joubert MUSIEK Schalk Joubert, Albert Frost, Louis Mhlanga, Loki Rothman en Guy Buttery

Beleef kitaarmusiek in sy volle glorie saam met ses van Suid-Afrika se mees bekroonde kitaarspelers. Die alombekende Louis Mhlanga, die Sama-bekroonde Albert Frost, die unieke multi-instrumentalis, komponis én Sama- en Standard Bank Jong Kunstenaar-pryswenner Guy Buttery, die gewilde Loki Rothman, Hannes Coetzee van Karoo kitaar blues-faam en die meester van die baskitaar Schalk Joubert span kragte saam met die wêreldklas-perkussievirtuoos Jonno Sweetman vir ’n wonderlike verskeidenheid van unieke kitaarklanke. Die musiek is meestal hul eie komposisies, met een of twee bekende verrassings tussenin.

Afrikaans, Xhosa en Shona l Gesin l 75 min.
R180 l R200 (by die deur)
02 April 14:00
Absa Burgersentrum

Loer hierna ook ...

Bientang: bloedspoor/!nau

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications