fbpx

’n Betowerde geskiedenis van Jeanne Baret

MET Klara van Rooyen, Kayla van der Merwe en Ané Koegelenberg TEKS Klara van Rooyen REGIE Ané KoegelenbergVERHOOGBESTUURDER Anisa Ayyoub STEL- EN REKWISIETE-ONTWERP Klara van Rooyen KOSTUUMONTWERP Ané Koegelenberg

Een kruievrou. Een diepsee-avontuur. Die verhaal van Jeanne Baret is so wonderbaarlik dat dit onwaarskynlik klink: ’n vrou van die Franse platteland wat in die 1700’s haar kappie vir ’n broek verruil en daarin slaag om oor die wêreld heen te reis. ’n Betowerende geskiedenis van Jeanne Baret vereer Baret sonder om haar binne die grense van die verlede vas te pen. Met geen rekord daarvan in haar eie woorde nie, bied hierdie produksie ’n verbeeldingryke blik op haar verhaal, wat die inspirerende aard van haar storie tot die fantastiese verhef. ’n Komeet, ’n seemonster en die bougainvillea-blom – fantasie ontmoet geskiedenis in hierdie epiese verhaal.

Afrikaans l Gesin l 55 min.
R75 Kinders o.12 | R100 volwassenes
29 Maart 15:00 • 30 Maart 11:00 • 01 April 15:00 • 02 April 15:00
Laerskool Wesbank

Loer hierna ook ...

Ontbyt met Lizz Meiring: ’n Mooi storie – Die rare, ware geskiedenis van skoonheid deur die eeue

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications