fbpx

PRIMA DONNA

MET Nataniël, Matthys Maree (klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme)

Nataniël is terug by die KKNK. Met meer as 90 oorspronklike verhoogproduksies oor die afgelope 35 jaar het die sanger, komponis, verwerker en skrywer Nataniël sy eie tradisie gevestig. Hy gebruik in feitlik elke produksie ’n ikoniese lied en of dit nou dateer uit die dertiger-, vyftiger- of tagtigerjare, hierdie lied word gekies vir sy onsterflike melodie, tydlose of ongewone lirieke, ryk geskiedenis en prominente teenwoordigheid in populêre kultuur.

Met slegs twee vertonings van PRIMA DONNA bring Nataniël ’n versameling van hierdie grootse en immergroen liedere na die verhoog. Daar is, soos altyd, heelwat splinternuwe stories en natuurlik word daar kiste propvol ontwerpersuitrustings (met moeite!) na Oudtshoorn gesleep vir hierdie eerste KKNK-teaterverskyning in 12 jaar.

Geeneen wat vir ’n paar oomblikke van alle vaalheid, uitputting of uitdagings wil vergeet, kan hierdie glansryke 90 minute misloop nie!

Afrikaans en Engels l OB l 90 min.
R290 l R320 (by die deur)
28 Maart 20:00 | 29 Maart 09:30
Absa Burgersentrum

Loer hierna ook ...

Afrika Blues met Louis Mhlanga, Albert Frost, Schalk Joubert en Sima Mashazi

Olifant-ontbyt

Spoegwolf: 10 jaar

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications