Kom geniet ’n wonderlike ervaring en vars Karoo-ontbyt saam met die grootvoete Malaika, Bulelo en Jabari. Word meegevoer deur die aangrypende verhaal van drie wees-Afrika-olifante wat ’n gelukkige tuiste by Buffelsdrift Game Lodge gevind het. Persoonlike interaksie met die olifante en hope fotogeleenthede is deel van dié ervaring.