fbpx

Olive to Oil

AANGEBIED DEUR De Rustica Olive Estate

Die fynproewers van olyfolie sê: Jy sal nooit ’n slegte olyfolie ken voordat jy ’n goeie een geproe het nie… En met ons olyfolietoer kry jy die geleentheid om presies dít te doen. ’n Kort video gee die agtergrond van die geskiedenis van die olyfbedryf in Suid-Afrika. Ons professionele en ervare toergids vergesel gaste na die olyfboord, waar meer inligting oor die landgoed, die olyfbome en verskillende kultivars gegee word. Daarna kom ’n besoek aan die olyfmeule en die Alfa Laval-pars voordat verskillende style olyfolie van verskillende oesjare en variëteite geproe word. Daar is geen beter manier om die geheime van olyfolie te verstaan en te geniet as deur die De Rustica Olive Estate te besoek nie.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.
R90
29 Maart tot 2 April 11:00, 14:00
De Rustica Olive Estate

Loer hierna ook ...

Alfred Adriaan Live

Holmruggery

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications