fbpx

Op hierie dag

‘n KKNK-produksie, ondersteun deur die ATKV, NATi, die Oudtshoorn Munisipaliteit, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, die Universiteit Stellenbosch afdeling vir Sosiale Impak en Transformasie en Die Son.

MET o.a. Janion Kennedy (Noemwoord), Clarrisa Saaiman, Theo Witbooi, Danny B asook Lida Botha en Neels Coetzee TEKS Tiffany Saterdaght en Neil Coppen, Janion Kennedy, Theo Witbooi en Hannes Visser REGIE Neil Coppen en Tiffany Saterdaght VERVAARDIGERS Neil Coppen en Vaughn Sadie vir KKNK

Op hierie dag, deel van die die KKNK Karoo Kaarte-projek, is ’n diep en treffende teaterreis wat as kringteater aangebied word met ’n uiteenlopende rolverdeling van beide professionele en opkomende Oudtshoorn-akteurs, -sangers en -musikante. Geïnspireer deur Dylan Thomas se Under Milk Wood, stel Op hierie dag deur storievertelling, musiek, sang, poësie en fisieke teater die verskeidenheid van Oudtshoorn-inwoners, beide werklik en verbeel (soms herverbeel), bekend en ons sien hoe hul dae oor parallelle tydraamwerke verloop. In hul reise van dagbreek tot skemer, kruis hul paaie en bots werklike figure en historiese persoonlikhede, kaarte, indrukke, drome, nagmerries en herinneringe, die verlede en die hede in die strate van dié Klein Karoo-dorp. Verwag ’n begeleide toer deur Oudtshoorn soos nog nooit vantevore nie! Ná elke opvoering is daar ’n halfuur-gesprek met die rolverdeling, die kreatiewe span en die gehoor. Besoek gerus die Karoo Kaarte-kunsuitstallings, wat verder uitbrei op die karakters en kontekste wat in dié toneelstuk bekend gestel word.

Afrikaans • OB • Geen o.14 • 90 min.
R165, R185 (by die deur)
29 Maart 10:00 • 30 Maart 15:00 • 31 Maart 10:00 • 31 Maart 15:00 • 1 April 10:00 • 2 April 12:00
Toekomsrussaal

Loer hierna ook ...

Shadow Boxing

Alfred Adriaan Live

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications