Boeremusiek op die klavier soos jy dit nog nie vantevore gehoor het nie. Die flambojante pianis Rocco de Villiers toor met die gewilde keurspele van Jim Muller. Immergroen treffers van Nico Carstens (soos “Die klokkiewals” en “Zambesi”), onder meer “Warm snare” van wyle Hansie Roodt snr. en musiek van Hendrik Susan, Ollie Viljoen en Taffie Kikillus word afgestof en blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu. Enersyds is dit ’n huldeblyk en ’n nostalgiese musiekreis, maar ook ’n blik op die toekoms waarin ’n mens nie van die verlede moet vergeet nie. Voeg daarby Rocco se humorsin en dat die voete beslis sal begin jeuk, en jy weet sommer jy wil hierdie konsert op jou feeslys plaas.