fbpx

Schalk sing sleg

MET Schalk Bezuidenhout en Wesley van der Westhuizen TEKS EN REGIE Schalk Bezuidenhout en Wesley van der Westhuizen MUSIEK Wesley van der Westhuizen VERVAARDIGER Erns Grundling

Schalk Bezuidenhout is bekend as ’n vreeslose én skreeusnaakse komediant. Sy video’s op Instagram en Facebook was vir tienduisende Suid-Afrikaners die beste lagmedisyne sedert die lockdown begin het. Schalk keer terug na die KKNK met ’n unieke vertoning wat Afrikaanse stand-up-komedie met vlymskerp oorspronklike liedjies en musiek – oor alles en nog wat – kombineer. Schalk mag dalk koor gesing het op skool en hy was selfs ’n Kanarie op die silwerdoek, maar die slotsom is: Schalk sing sleg. Sy fans reken wel hierdie is sy beste vertoning ooit! Schalk deel die verhoog met die talentvolle musikant Wesley van der Westhuizen. O ja, Wesley speel verskeie instrumente, Schalk tree dus nie op met backtracks soos een of ander snotkop met ’n snor nie. Kom tuit jou ore en lag jouself ’n papie, want Schalk se liedjies sal jou laat mis, eet, slaap, herhaal én skater!

Afrikaans • OB • Geen o.14 • 90 min.
R200, R220 (by die deur)
29 Maart 10:00 • 30 Maart 17:30
kykNET Hoërskoolsaal

Loer hierna ook ...

’n Betowerde geskiedenis van Jeanne Baret

Alfred Adriaan Live

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications