fbpx

Spoegwolf: 10 jaar

Ondersteun deur Netwerk24 en Die Hoorn

MET Danie du Toit (sang, kitaar, klavier), Moskou du Toit (tromme, perkussie en sang), Chris von Wielligh (kitaar, klavier), Albert van der Merwe (baskitaar, sang, rymklets) MUSIEK Spoegwolf

 

Spoegwolf, met Danie en Moskou du Toit, Albert van der Merwe en Chris von Wielligh, kyk in Spoegwolf: 10 jaar terug op ’n musiekloopbaan propvol hoogtepunte en pryse. Hulle maak in 2019 geskiedenis met hul album Koma as die eerste Afrikaanse groep wat die nommereen-plek op die “Apple Music South Africa Album Chart” vir alle genres behaal. Verwag splinternuwe liedjies, asook van hul grootste treffers. Die konsert is vir almal wat jonk van gees en vol energie is.

Die vertoning word in die buitelug op ’n granaat-uitvoerplaas buite Oudtshoorn aangebied. Feesgangers kan heerlik op die terras kom kuier en daar is verskeie kos- en wynstalletjies (oop vanaf 18:00) en ’n pragtige uitsig oor die berge en boorde. Geen kosmandjies word toegelaat nie. Geen grondpad om te ry nie.

Afrikaans l Gesin l 70 min.
R250 l R275 (by die deur)
01 April 20:00
Celebratio Granaatplaas

Loer hierna ook ...

Historiese Wandeltoer

Die dinge van ’n kind

Emo Adams & Take Note

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications