fbpx

Sterrekyk ‘Crankie’-stories

MET Klara van Rooyen VERHOOGBESTUURDER Anisa Ayyoub STELONTWERP Klara van Rooyen

Stories is diep en ver in ons Suid-Afrikaanse kultuur gewortel. Stories is die netwerke en gereedskap wat ons gebruik om die wêreld te verwerk en te verstaan. Ons voorvaders het om ’n vuur kreature en monsters geskep om sin van die wêreld te maak. Hierdie produksie beweeg terug na dié etos en poog om die ou staaltjies te versamel en oor te vertel, of om heeltemal nuwe stories voor te stel, wat deur die omliggende plaaslike omgewing en mense geïnspireer is. Met behulp van ’n crankie-teater (’n ou visuele boks met ’n geïllustreerde boekrol wat vir storievertel gedraai word), reis hierdie produksie om nuwe en ou stories te deel. Verhale kan vooraf aangevra of tydens die vertoning versoek word, of daar kan op die plek saam daaraan gewerk word.

Afrikaans en Engels • Gesin • 15 min.
Gratis
29 Maart 14:00 • 31 Maart 14:00 • 2 April 14:00
Laerskool Wesbank se kinderarea

Loer hierna ook ...

Elvis Blue: Meer as genoeg

Gustavo Romero: Beethoven and Beyond

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications