In ’n hospitaalwagkamer wag ’n jong getroude paartjie op die geboorte van hul eersteling, terwyl ’n geskeide ouerpaar wag om die lyk van hul 19-jarige kind uit te ken. Terminaal 3 is ’n aangrypende drama wat handel oor die skade van eiebelang en wat dit aan kinders doen. Dit beloof om een van 2022 se teaterhoogtepunte te wees. Lars Norén, wat beskou word as die grootste Sweedse dramaturg ná August Strindberg, se werke word wêreldwyd opgevoer en is bekend vir die emosioneel treffende aard daarvan. Die producksie sou by KKNK2020 geopen het, maar na twee jaar kan dit vir die eerste maal gesien word. Norén is in 2021 oorlede aan Covid-19-komplikasies.