Die grootste en gewildste treffers uit die roemryke pen van Andrew Lloyd Webber word uitgevoer deur onder andere Suid-Afrika se bekendste Phantom, André Schwartz. Saam met hom op die verhoog is Lynelle Kenned en Corneil Muller, asook die Stellenbosch Stadsorkes, onder leiding van Paul Loeb van Zuilenburg. Maak jouself reg vir ’n eiesoortige belewenis onder die Klein Karoo-sterre.
Die vertoning word in die buitelug op ’n granaat-uitvoerplaas buite Oudtshoorn aangebied. Feesgangers kan heerlik op die terras kom kuier en daar is verskeie kos- en wynstalletjies (oop vanaf 18:00) en ’n pragtige uitsig oor die berge en boorde. Geen kosmandjies word toegelaat nie. Geen grondpad om te ry nie.