fbpx

Transpirant

MET Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie REGIE Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie VERVAARDIGER Erns Grundling

Dis eenvoudig: Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie was vir heeltemal te lank toegesluit in ’n kamer met slegs ’n outydsetruprojektor as geselskap. Die resultaat van hierdie selfopgelegde kwarantyn is ’n sketskomedie wilder as daardie matrieklaaitie wat uitgehaak het en sy hare swart ge-dye het. Propvol improvisasie, ’n bietjie struktuur, ’n liedjie of twee en minstens een ongemaklike stilte. Jy gaan op presies dieselfde manier uit die show stap as wat jy ingestap het, net ligter. ’n Resensie van ’n subjektiewe, gemeenskaplike vriend spreek boekdele: “Dit is nogal snaaks.” Bezuidenhout en Fourie is as komedie-duo verantwoordelik vir baie van die lag in Hotel en die sketskomedie-videoreeks Ben & Bez. Hulle is albei baie selfbewus as hulle vir ander mense moet braai en hulle het baie uiteenlopende maniere van vakansie hou.

Afrikaans • OB • Geen o.14 • T • 75 min.
R180, R200 (by die deur)
29 Maart 14:00 • 30 Maart 10:00
kykNET Hoërskoolsaal

Loer hierna ook ...

Historiese Wandeltoer

Holmruggery

KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications