Historiese Wandeltoer

Historiese wandeltoer

’n Gemaklike staptoer waar daar besoek afgelê word by belangrike argitektoniese geboue in Oudtshoorn, wat as grondslag dien vir toeligting van en ’n bespreking oor die geskiedenis van Oudtshoorn. Die ontwikkeling van Oudtshoorn is vanaf 1860 onlosmaaklik verbind aan die volstruisveerbedryf.

Olive to Oil

Olive to Oil

Die fynproewers van olyfolie sê: Jy sal nooit ’n slegte olyfolie ken voordat jy ’n goeie een geproe het nie… En met ons olyfolietoer kry jy die geleentheid om presies dít te doen. ’n Kort video gee die agtergrond van die geskiedenis van die olyfbedryf in Suid-Afrika. Ons professionele en ervare toergids vergesel gaste na […]

Olifant-ontbyt

Olifant-ontbyt

Kom geniet ’n wonderlike ervaring en vars Karoo-ontbyt saam met die grootvoete Malaika, Bulelo en Jabari. Word meegevoer deur die aangrypende verhaal van drie wees-Afrika-olifante wat ’n gelukkige tuiste by Buffelsdrift Game Lodge gevind het. Persoonlike interaksie met die olifante en hope fotogeleenthede is deel van dié ervaring.

Bossafari-wyn-en-tapastoer

Bossafari Wyn en Tappastoer | KKNK 2022

’n Wyn-en-tapas-avontuur met wyn en heerlike tapas wat halfpad deur die wildsrit voorgesit word. Gaste kan verwag om van die 22 spesies diere op die landgoed te sien.

Die wensput

Die Wensput IMG 9916 | KKNK 2022

Wanneer Lotte per ongeluk wens dat die feetjies haar boetie wegneem, val sy in ’n ou wensput en ontdek ’n geheimsinnige sprokieswêreld. Tydens die soektog na haar boetie moet Lotte haar eie vernuf gebruik om die donker woude vol wonder, gevaar en towerkuns te navigeer – dis asof haar gunstelingstorieboeke lewe gekry het. Geïnspireer deur […]

Sterrekyk ‘Crankie’-stories

Sterrekyk ‘Crankie’-stories

Stories is diep en ver in ons Suid-Afrikaanse kultuur gewortel. Stories is die netwerke en gereedskap wat ons gebruik om die wêreld te verwerk en te verstaan. Ons voorvaders het om ’n vuur kreature en monsters geskep om sin van die wêreld te maak. Hierdie produksie beweeg terug na dié etos en poog om die […]

Shadow Boxing

Shadow Boxing

’n Emosioneel-belaaide en hoogs fisieke stuk. Flynn, die seun van ’n bokser wat nie kon wen nie, word ’n suksesvolle vegter deur algehele toewyding. Maar is sy uitmergelende opleiding bloot ’n vermydingstaktiek? ’n Krisis bou op soos wat die titelgeveg nader kom en die drama kom tot ’n verwoestende einde.

The Music of Sir Andrew Lloyd Webber

Andrew Lloyd Webber

Die grootste en gewildste treffers uit die roemryke pen van Andrew Lloyd Webber word uitgevoer deur onder andere Suid-Afrika se bekendste Phantom, André Schwartz. Saam met hom op die verhoog is Lynelle Kenned en Corneil Muller, asook die Stellenbosch Stadsorkes, onder leiding van Paul Loeb van Zuilenburg. Maak jouself reg vir ’n eiesoortige belewenis onder […]

Spoegwolf: 10 jaar

Spoegwolf

  Spoegwolf, met Danie en Moskou du Toit, Albert van der Merwe en Chris von Wielligh, kyk in Spoegwolf: 10 jaar terug op ’n musiekloopbaan propvol hoogtepunte en pryse. Hulle maak in 2019 geskiedenis met hul album Koma as die eerste Afrikaanse groep wat die nommereen-plek op die “Apple Music South Africa Album Chart” vir […]