fbpx

Spesiale
baanbiedinge

Ontbyt met Johannes de Villiers

Johannes de Villiers

Blydskap en meditasie

AANGEBIED DEUR TAFELBERG-UITGEWERS

Johannes de Villiers wys hoe geluk ’n haalbare doel vir enigiemand is. Sy nuwe boek, Blydskap, is ’n omvattende kykie na lewensvreugde, met praktiese wenke en ware verhale as voorbeelde. In sy twee oggendslypskole op ’n uitgestrekte grasperk onder akkerbome deel hy tegnieke wat jou kan help om meer vreugdevol en bewustelik te leef.

De Villiers kuier saam met gaste oor ontbyt. Die ontbyt is ingesluit by die kaartjieprys en sluit in ’n koffie, sap of ’n glas Cap Classique, granola met jogurt en heuning, ’n broodjie met botter en konfyt, chipolata-worsies, pastrami en kaas.

Afrikaans • Gesin • 120 min
R200 (ontbyt ingesluit)
Karusa Wines • 1 April 10:00

Ontbyt met Lizz Meiring

’n Mooi storie – Die rare, ware geskiedenis van skoonheid deur die eeue

Lizz Meiring kuier saam met gaste oor ontbyt. Die ontbyt is ingesluit by die kaartjieprys en sluit in koffie, sap of ’n glas Cap Classique, granola met jogurt en heuning, ’n broodjie met botter en konfyt, chipolata-worsies, pastrami en kaas.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min
R200 (ontbyt ingesluit)
Karusa Wines • 30 Maart 10:00

Ontbyt met Lizz Meiring

Die eeu oue simboliek/betekenis van blomme en plante

Die simboliek en gesondheidswaarde van blomme en plante, gewasse, bome en struike is eeue oud. So het Romeinse generaals geheime boodskappe gestuur met plante tydens oorloë. Trouens, tot en met die Tweede Wêreldoorlog het spioene op dié ongewone manier gekommunikeer. Natuurlik is ruikers ook deur minnaars gebruik om boodskappe te stuur. Ná ’n studie van bykans vier jaar vertel Meiring hoe, benewens plante, selfs ons alledaagse vrugte, kruie en ander speserye ’n “geheime betekenis” het en waarom dit daar is. So byvoorbeeld beteken ons nasionale blom – die reuseprotea – “vooruitgang”. Meiring kuier saam met gaste oor ontbyt. Die ontbyt is ingesluit by die kaartjieprys en sluit in ’n koffie, sap of ’n glas Cap Classique, granola met jogurt en heuning, ’n broodjie met botter en konfyt, chipolata-worsies, pastrami en kaas.

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min
R200 (ontbyt ingesluit)
Karusa Wines • 2 April 10:00
KKNK 2022 Ons wil graag vir jou kort nuusnotas stuur met belangrike nuus en gebeure!
Dismiss
Allow Notifications